Na ‘n reeks vergaderings verlede jaar met lusernsaad en hooiprodusente, skoonmakers, verwerkers en handelaars het die Minister van Landbou, Bosbou en Vissery die Nasioanle Lusern Trust (NLT) se aansoek om stautere heffings op aanbeveling van die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) goedgekeur soos afgekondig in die Staatskoerant No 34586 gedateer 9 September 2011.
Die betrokke heffings ( BTW uitgesluit) van toepassing is soos volg:-
- 60c per kilogram op skoon lusernsaad;
- R3 per ton op lusernhooi wat nie deur n NIR instrument ontleed is nie; en
- R5 per ton op lusernhooi wat deur n NIR instrument ontleed is.
Heffing inkomste sal soos volg aangewend word :-
- 70% op navorsing, inligting en ander kern funksies;
- 20% op transformasie – ontwikkeling van opkomende boere; en
- 10% op administrasie.
Alle direkte geaffekteerde groepe tot die lusernbedryf het nou inspraak oor die aanwending van die heffings deur hulle betaal deur n jaarlikse begroting by die Nasionale Lusern Trust in te dien. Dit sluit spesifieke dienste in soos o.a. navorsing, reklame, inligting, gradering, laboratorium dienste ens.